Dit is die jaarDie son het gesak oor n verskroeide landskap, en die landskap verwelkom die duister Die doringdraad en tentrye van die konsentrasiekamp is nog net n swart vlek op die vlakte En aan die rand hiervan gloei n tent soos n lantern Diegene wat vanuit die duister na hierdie tent sou staar, sou teen die helder tentdoek die silhoeet sien van n man wat oor die klawerbord van n klavier buig Die een wat vanuit die nag sou kyk, sou ook op die kampbed die regop gestalte van n sittende vrou kon uitmaak Diegene wat vanuit die kamp sou luister, hulle wat nie reeds volledig deur die stryd tussen lewe en dood ingeneem is nie, sou dalk agter die onbeholpe klavierspel van die man die vergeefse smagting hoor, agter die wankelende note die stilte wat groter is as enige geluid Jare later buig majoor Philip Brooks in n biblioteek oor n vergelende foto En hy probeer vasstel wat dit is wat hy op daardie foto sien Hy probeer onthou wat gebeur het Dit was hy in daardie tent Die vrou op die bed was die mooiste vrou wat hy nog gesien het Die klavier het gekom uit haar huis, een van die plaashuise wat sy soldate afgebrand het Nou probeer hy kyk met die oog van Joey Drew, die skeeloog sukkelaar van Somerset, Engeland, wat die foto s geneem het Hy kyk na n foto van n vrou met n baba in haar arms Hy weet wat die pa van die kind nie geweet het toe hy die foto gesien het nie, dat die kind dood was Dat hy een van die duisende slagoffers van die konsentrasiekampe was Hy kyk na n familiefoto van die Van Wyks, en nog een keer, voordat die vergetelheid so koud soos die graf self oor alle geheue sak, probeer hy deur Joey se foto s die verhaal van die Van Wyks agterhaal


10 thoughts on “Fees van die ongenooides

  1. Sonja Arlow Sonja Arlow says:

    Die boek het my sommer weer van voor af lief gemaak vir my eie taal Die Afrikaans is uit die boonste rakke en n absolute moet lees vir enige Suid Afrikaaner.


  2. Julia Julia says:

    Dit was n ongelooflike boek gewees en dit het geskuif na my nommer een Afrikaanse boek Ek het op n stadium die boek neergesit, want ek was bang dit gaan klaar wees en ek wou dit net so lank as moontlik uitrek Die gebruik van Afrikaans was net absoluut pragtig gewees die opgemaakte woorde Die storie was fantasties en het dit regtig mooi van altwee kante af beskryf Ek was bang vir die einde gewees, maar dit het geensins teleurgestel nie dit was n baie baie goeie einde gewees en ek het Dit was n ongelooflike boek gewees en dit het geskuif na my nommer een Afrikaanse boek Ek het op n stadium die boek neergesit, want ek was bang dit gaan klaar wees en ek wou dit net so lank as moontlik uitrek Die gebruik van Afrikaans was net absoluut pragtig gewees die opgemaakte woorde Die storie was fantasties en het dit regtig mooi van altwee kante af beskryf Ek was bang vir die einde gewees, maar dit het geensins teleurgestel nie dit was n baie baie goeie einde gewees en ek het tot n traantjie gestort Wat n juweel van n boek


  3. Tania Tania says:

    P.G skryf ongelooflik ek het nog nooit sulke afrikaans gelees nie Die geskiedenis is interressant en die karakters volrond My enigste negatief is dat die boek bietjie stadig begin.


  4. Christina Rothfusz Christina Rothfusz says:

    Dit het my n rukkie geneem om te besluit presies wat ek van die boek wou se Dit het my ook n wyle geneem om my hart te laat herstel.Dis die mooiste Afrikaans wat ek nog gelees het en verseker van die beste oor die oorlog P.G ken mens, hy ken sy karakters en weet hom om aan die hartsnare te pluk.Hy weet ook dat ons almal die uitende van die storie ken Hy brei nie onnodig uit oor die kampe, die lyding en vernedering nie ons almal weet daarvan hy konsentreer op die mense, die regte storie Dit het my n rukkie geneem om te besluit presies wat ek van die boek wou se Dit het my ook n wyle geneem om my hart te laat herstel.Dis die mooiste Afrikaans wat ek nog gelees het en verseker van die beste oor die oorlog P.G ken mens, hy ken sy karakters en weet hom om aan die hartsnare te pluk.Hy weet ook dat ons almal die uitende van die storie ken Hy brei nie onnodig uit oor die kampe, die lyding en vernedering nie ons almal weet daarvan hy konsentreer op die mense, die regte storie Die liefdesverhaal tussen Petrus en Nellie Die aaklige jaloesie van Daantjie teenoor sy pragtige vrou en al die hel waardeur sy gaan Die totale veragting van Matrie teenoor haar joiner man Danie se teleurstelling in sy enigste seun, die kind wat die famielie naam moet voortdra Fienatjie Minter, met die helm gebore en droom altyd die waarheid, al wil almal haar nie glo oor hul eie stories nie Dit gaan aan en aan Soveel karakters, soveel verskillende oogblikke uit die oorlog en tog kom alles saam om n verhaal van een familie se tragedie uit die oorlog te vertel.As jy my ken, weet die boek is wat jy kry vir jou verjaarsdag of kersfees


  5. Margitte Margitte says:

    Uitstekende boek Een van die beste romans wat ooit oor die Anglo Boere oorlog geskryf is Dr P.G Du Plessis verstaan nie net sy karakters en sy geskiedenis nie, hy verstaan ook sy lesers Hy bring menslikheid en begrip na die geskiedenis deur sowel die Boere as die Engelse soldate n persoonlikheid te gee met n nuwe benadering tot hierdie stuk bittere Suid Afrikaanse geskiedenis as n gevolg.


  6. Annalie Annalie says:

    Beautifully written and well researched with wonderful, believable and likeable characters This book gave me a fresh perspective on South African history It s a heartbreaking reminder of the futility and cruelty of war.


  7. Johan Roets Johan Roets says:

    Briljant Baie insiggewend oor wat gebeur het met gewone mense tydens die Boere oorlog Laat mens baie dink oor hoe anders dinge kon wees Toe en nou En wat oorlog aan mens doen Redelik skokkend ook Not for the faint hearted.


  8. Yolandi Jongh Yolandi Jongh says:

    Ongelooflik


  9. Hannes Hannes says:

    Een van die beste boeke wat ek gelees het Goeie karakter ontwikkeling met n duidelike storielyn en as jy die boek klaar gelees het, dan bly dit in jou gemoed rondhang.


  10. Salomé Kotzé Salomé Kotzé says:

    Een van die beste boeke wat ek nog gelees het oor die oorlog Uitstekend